Afrikaanse rolprentbedryf weer Bakgat
25 October 2010
NATASHIA HUDSON
Die Afrikaanse rolprentbedryf het van toeka tot nou behoorlik wipplank gery. In die meestal verbeeldinglose rolprente van die jare 60s en 70s ontmoet die held sy trouvrou, die tweetjies word smoorverlief, baklei ’n paar keer en beloof dan ewige liefde aan mekaar. Rolprente in die 80s en vroeë 90s wat aandag trek is baseer op gewilde televisiereekse soos Agter elke man (1990).
Dan beleef die Afrikaanse rolprentbedryf `n herlewing met platvloerse komedies soos Lipstiek Dipstiek (1994) en die Leon Schuster-flieks. Die`n Katinka Heyns rolprent, Paljas (1998), word as die enigste ligkolletjie tydens hierdie era van die Afrikaanse rolprentbedryf beskou.
Tog is die Afrikaanse rolprentbedryf nie verlore nie en ’n nuwe Afrikaanse fliek-era skop vanjaar in Suid-Afrika af. `n Nuwe generasie Afrikaners dra by tot `n opwindende rolprentrenaissance met flieks wat nie noodwendig uit spesifieke genres, beehive-haarstyle of platvloerse toilethumor bestaan nie.
Jakhalsdans (2010), met Theuns Jordaan, Elizma Theron en Christina Storm, vertel ’n eenvoudige liefdesverhaal en behaal heelwat sukses by rolprentteaters. Kort op sy hakke volg Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom wat op die bekende skrywer Marita van der Vyver se lekker-lees jeugverhaal met dieselfde titel gebaseer is. Anna-Mart van der Merwe skitter in die rol van die swanger loskop ma en wys weereens hoeveel unieke talent op eie bodem te vinde is.
Susanna van Biljon, met Karen Zoid in die hoofrol, en die gewilde Bakgat 2 het nog tot onlangs by teaters gedraai. Al wat jongmens is kon weer lekker saamlag in dié plaaslike antwoord tot American Pie en hoop al reeds vir ’n Bakgat 3. In November word Afrikaanse gehore weer bederf met Liefling – ’n Afrikaanse musiekblyspel met Bobby van Jaarsveld, Kurt Darren en Carike Keuzenkamp. Die fliek beloof om die Afrikaanse rolprentbedryf ’n verdere facelift te gee. Liefling begin einde November by rolprentteaters landwyd draai.
Die Afrikaanse rolprentbedryf is nou weer behoorlik aan die blom en dit hang beslis van Afrikaanse gehore af om te keer dat dié rolprentbedryf nie weer verlep nie.
Image: flickriver.com










I wonder if u know what u r talking about when u say that the “Afrikaanse Movie Industry” is back in bloom when u have a lead role player like Kurt van Heerden who is born and bred an Englishman?? Why don’t we give some recognition to the true Afrikaners that are being ridiculed everyday at universities and workplaces for believing in fighting at great cost for their mother tongue and true Afrikaans tradition and culture. In my opinion legends like Frans Marx, Fanus Rautenbach even Leon Schuster where not in it for the money or on the “gravy train”if u will, but these people have the true love of the Language and its People. Its sad that we haqve come to the day and age of people like “Kurt Darren” representing the Afrikaner in South Africa. Don’t mean to offend anybody I probably know the least of Afrikaans and its people although I am a du Plooy and was brought up English the Afrikaner in me is probably the most true and concrete, leading aspect in my life that makes me the leader I am and guides me subconsciously. I wish that my parents kept me closer to my forefathers and their traditions. According to me the Afrikaner and I know this “because I am one” is truly no matter what people say a strong and dynamic race. Long live Afrikaans!
Leave your response!